Tuesday 4 August 2015

Die Glas ennie Draad


Sondag, 9 Aug, 10:00, Sandbaaisaal
80 min R100

Twee jong akteurs het besluit dat mense geen besef het van die omvang van die bendebedrywighede in die Kaap nie. Hulle het besluit om die waarhede op die verhoog te sit.

Hierdie storie is gebaseer op die waarheid soos vertel deur ‘n jarelange bendeleier aan die akteurs. Onder hom het hy by die 3000 bendelede. Daar is ook byna geen manier hoe hy uit die kringloop van geweld en onwettigheid kan kom nie. In bendetaal word daar gesê: “Dis bowana in, en bowana uit” (met bloed kom jy in, en met bloed gaan jy uit).

Die glas is die man wat beplan en opdragte gee. Die draad is die man wat die opdragte uitvoer.


Actors: Daniel Richards en Gantane Kusch


Monday 3 August 2015

Computicket Pakkette

Pakket 1 - Prima Pakket

Gala-aand met VonWest - Donderdag, 6 Aug
+ Juanita du Plessis – Saterdag, 08 Aug
+ Finding Emo – Sondag, 09 Aug 
vir R450 ipv R560



Pakket 2 - Gala-aand
Koop 'n tafel van 10 en betaal net vir 8.


Pakket 3 - TV- en Sepiesterre 

Chris Vorster - Affairs vir Domkoppe 2 
Sondag, 9 Aug 15:30 - R90

Shaleen Surtie-Richards - Woema van 'n windgat wyfie
Sondag, 9 Aug, 13:00 - R100

Neels van Jaarsveld - Innie Rof
Saterdag, 8 Aug, 20:30 en Sondag, 9 Aug, 10:00 R100

Ester von Waltzleben - Vetterag of te not 
Sondag, 9 Aug, 16:30 R100

Bespreek vir 3 van hierdie vertoonings en kry die goedkoopste een verniet.


Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die volle Kalfiefees-program.

Besprekings via www.computicket.com


Thursday 30 July 2015

Drama Drama

Maak reg om jou te verlustig in die beste van drama, toneel, eksperimentele teater. Vanjaar se Kalfie is weer eens besonders met iets vir almal.

Daar is kabaret, musiek (onder meer Emo Adams, Koos Kombuis, Juanita du Plessis), komedie, ietsie vir kinders en dramas.


Saterdag, 8 Aug, 09:30 - Harbour Rock Restaurant

Kom vier saam met ons ‘n heerlike Vrouedag by die Harbour Rock restaurant by die Nuwe Hawe, geniet die uitsig en luister na Hannes van WYK. As bekende akteur en televisie aanbieder (lank by BRAVO en nou by KWêLA), het hy so baie dinge wat hy wil hê ma’s en vrouens moet weet. Hy self het ‘n wonderlike verhouding met sy eie ma. Hy het gevolglik sy eie spesiale program hieroor geskryf om vir ma’s te vertel hoe kosbaar hulle is.


Saam met hom sal Lize Beekman ons vergas met haar besondere stem en liedjies./y is iemand wat hoofsaaklik haar eie liedjies sing en het ook al verskeie toekennings ontvang. Sy het ook al vir verskeie bekende kunstenaars liedjies geskryf en een van haar bekendste is “’n Sonneblom uit Bethlehem”

Verder is daar heerlike versnaperinge op die spyskaart sowel as vele trekkings met heerlike pryse.


Saterdag, 8 Aug,18:00 en Sondag 9 Aug 13:00 - Burgersentrum

Gys en Jos (Frats) is twee roeikampioene wat tydens ‘n wedvaart op die Krokodilrivier omslaan en op die oewer uitspoel. Hulle is jare lank vriende en terwyl hulle wag vir die reddingspan om op te daag, neem hulle hul lewens in oënskou, herkou aan allerlei kwessies en filosofeer oor die toekoms. Dan gewaar hulle ‘n skuitjie in die verte wat nader kom… Wat volg is ‘n ontknoping wat jou sal laat lag, huil en met deernis vervul.

Spelers: Viljé Maritz en Francois Jacobs Teks: Wessel Pretorius Regie: Albert Maritz

Geborg deur Clemengold


Tussen vertonings bied die kuiertent (langs die De Wetsaal) lafenis en lekker kos, en die Kalfie-kunsuitstalling (ouditorium) is ’n gulde geleentheid om ’n groot verskeidenheid kunswerke onder een dak te sien en jou eie versameling uit te brei.


Kom kyk walviskalfies, kom lag, huil, sing, dans en baljaar  in die sonskyn terwyl die Kalfiefees sal sorg dat  die kospotte en die drankbekers volgehou word tydens die langnaweek van 6 – 10 Augustus.

Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die volle Kalfiefees-program.


Besprekings via www.computicket.com


Tuesday 28 July 2015

Kalfiefees sonder wind en met baie son!!

Om so gelukkig te wees oor die Kalfiefees naweek gebeur baie selde maar, as die weervoorspeller reg is, sien ons uit na ‘n heerlike sonskynnaweek en dit nog sonder die nare Augustuswinde ook. Wat ‘n bonus! Die komitee het vanjaar regtig baie moeite gedoen om so veel as moontlik produksies van top-gehalte na die fees te bring.

Van ons wegspring op Donderdag 6 Augustus by die Gala-aand met die heerlike 3-gang maaltyd van Warwick Chef School en daarna die gewilde musiek van die VonWest opera-rockduet, gaan ons die naweek in met spoed. Die spyskaart vir Vrydag 7 Augustus sluit in, ‘n multimedia produksie oor die werk en lewe van die bekende Ingrid Jonker, wat deur haar outobiograaf en ons Kalfiefeesteël ontvanger van 2015, Petrovna Metelerkamp, as huldigingsprogram aangebied word. Ons kry ook geleentheid om op Vrydag te luister na 3 verskillende musiekkante, Koos Kombuis, Danièl Pascal en Elvis, wat elk ‘n ander tipe gehoor sal trek.



Saterdag 8 Augustus spring ons weg met die kabaretmusiek van die pragtige 3 jonge  dames in Welkom in SA en die eenman vertoning van Frank Opperman in Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade.  Die res van die dag sluit in, die deernisvolle vertelling van Erik Holm in blou-blou, die lewensbeskouing van die twee jong manne in Frats, die twee “ou mensies” Elize Cawood & Wilson Dunster) in Die Wagkamer, Neels van Jaarsveld met sy golfspelery in Innie Rof, die aankoms van die  eersteling in Pienkvoet en  weereens drie uiteenlopende musiekproduksies, die kabaret Psalms van ‘n Huisvrou, Tyd en Weill en die immer gewilde Juanita du Plessis om die dag op ‘n hoë noot mee af te sluit.


Teen hierdie tyd van die naweek is ons nou al goed opgewarm om sommer Sondag 9 Augustus, vroegoggend te begin met die drama Die Glas ennie Draad, wat ons ‘n kykie gee wat in bendekringe aangaan. Vir die musiekkenners bied Ballade van ‘n “backtrack” ‘n aangename potpourri van verskillende musieksyle en genres aan deur twee top musici, Winand Grundling en André Terblanché, daar is die pragtige verwerking van Bob Dylan se musiek deur die sanger Koos van der Merwe in Tamboerynman, die klassieke klanke van die  Stellenbosch Libertaskoor, pragtige Afrikaanse nuwe komposisies en klanke van Emile Minnie en kom stamp die voete en swaai die lyf laataand met Emo Adams in Finding Emo en sy Take Note Band!   Gedurende die dag kan feesgangers kom verken  hoeveel woema Sharleen Surtie-Richards het in die eenvrou vertoning Die Woema van ‘n Windgat Wyfie, en dan kan daar kers opgesteek word oor hoe om te werk te gaan in Affairs vir Domkoppe 2. Die lekker lag vir die naweek word voortgesit met Vetterag of te not, Sports en die manne wat so saampraat in Hier sit die manne.


So tussendeur al die pret en plesier is dit nodig om die innerlike te versterk en vanjaar lyk ons Pick&Pay Kuiertent langs die De Wetsaal na die perfekte plek om jou ete en drinke te kom kry. Alles wat jy graag wil eet onder een dak met ‘n lekker bier of ‘n glas wyn in die ander hand.  Ons  Kunsuitstalling  in die foyer van die Burgersentrum is ook goed gerat om  sommer ook jou eie keuse skilderye vir die huis aan te koop want met 60 uitstallers gaan daar vir elke kunsliefhebber iets wees wat hom/haar gaan geval.


En so vir oulaas op Maandag 10 Augustus, terwyl nog ‘n paar laaste produksies van die naweek klaarmaak sorg ons dat die kinders ook ‘n beurt kry met die mannewales van die tuindwerge in Kinkel en Konkel.


Die uitnodiging is dus: Kom kyk walviskalfies, kom lag, huil, sing, dans en baljaar  in die sonskyn terwyl die Kalfiefees sal sorg dat  die kospotte en die drankbekers volgehou word tydens die langnaweek van 6 – 10 Augustus.



SPROKKELSTER TEATER MAAK TOE OP 31 JULIE 2015


Oeps! Wat nou gemaak vra die Kalfiefeeskomitee?

Klaar opgelos en aangepas vir 6 – 10 Augustus

Let wel – TYE EN TEATERS VERANDER – indien daar problem hiermee is, skakel asb gerus die Kalfiefeeskantoor.  Ons verseker u dat die kwaliteit van die produksies nie geraak word nie.


Aangeheg die veranderde dagprogram:

Vr 7 Aug 18:30 Koos Kombuis - De Wetsaal
Vr 7 Aug 22:00 Elvis -De Wetsaal
Sat 8 Aug 14:00 Blind Date - De Wetsaal
Sat 8 Aug 15:00 Psalms Huisvrou - Sandbaaisaal
Sat 8 Aug 20:30 Tyd en Weill - Burgersentrum
Son 9 Aug 10:00 Ballade van 'n "backtrack" - Burgersentrum
Son 9 Aug 15:00 Emile Minnie - Burgersentrum
Son 9 Aug 17:30 Sports - De Wetsaal
Ma 10 Aug 10:00 Kinkel & Konkel - NG gemeemtesaal, Onrusrivier

Monday 27 July 2015

ShiZA IKapa gekanselleer


Die Hermanus Times Kalfiefees moet ongelukkig die produksie van ShiZA IKapa, weens onvoorsiene omstandighede, kanselleer. Ons wil almal aanmoedig om hierdie ongelooflike produksie by Rockwell Hotel in Kaapstad te probeer bywoon.


Vetterag of te not (Komedie)

Sondag, 9 Aug, 16:30
60 min R100
de Wetsaal

Die vet weet, dis soes hulle sê: “beauty kom nie sonner pyn en suffering nie.” Kyk vi’ arme Mevrou wat so haar kos habits sal moet renegotiate om weer sexy en jonk te lyk vi’ haar man se roving eye. En dan kan die arme Mathilda nie eens vir health issues daai borde kos minder maak nie, want Hendrikkie laaik van baie kos en van sy lyf… ja, soesie lewe…Ma gelukkag, dun of dik, die suffering het sy lagkant oek.

Spelers: Ester von Waltsleben, Leatitia Solomons-Manuel en Hilton Andries
Teks: Hilton Andries en Leatitia Solomons-Manuel
Regisseur: Ralston Oliphant
Produksiehuis: Chommiez Geselskap


Geborg deur Dagbreek Trust