Sondag, 9 Aug, 10:00, Sandbaaisaal
80 min R100
Twee jong akteurs
het besluit dat mense geen besef het van die omvang van die bendebedrywighede
in die Kaap nie. Hulle het besluit om die waarhede op die verhoog te sit.
Hierdie storie is
gebaseer op die waarheid soos vertel deur ‘n jarelange bendeleier aan die
akteurs. Onder hom het hy by die 3000 bendelede. Daar is ook byna geen manier
hoe hy uit die kringloop van geweld en onwettigheid kan kom nie. In bendetaal
word daar gesĂȘ: “Dis bowana in, en bowana uit” (met bloed kom jy in, en met
bloed gaan jy uit).
Die glas is die man
wat beplan en opdragte gee. Die draad is die man wat die opdragte uitvoer.
Actors:
Daniel Richards en Gantane Kusch
No comments:
Post a Comment