Tuesday 30 June 2015

INGRID JONKER WêRELDWYD



Samesteller: Petrovna Metelerkamp
Vrydag, 7 Aug, 18:00
50 min + Bespreking
R80 - Burgersentrum

Die multimedia-vertoning met die titel INGRID JONKER WêRELDWYD bevat ‘n rykdom van visuele en ander materiaal wat die internasionale trefkrag van Ingrid Jonker en haar werk illustreer. Dit sluit oa in: uittreksels uit dokumentêre video’s, gesprekke met André Brink, Jan Rabie, Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Jana Cilliers; musiek-video’s van bekendes soos Chris Chameleon, Laurika Rauch, Helena Hettema, Hollandse en Belgiese sangers, ook Stefans Grové; voorlesings van gedigte deur Antjie Krog, Ingrid Jonker self, vertalings in Spaans, Zoeloe, Portugees, Pools, selfs Albanies; ballet en drama, kunswerke en unieke foto’s. Ingrid Jonker se naam weerklink van Kaapstad tot Vancouver, Amsterdam, Hong Kong, Beijing, van Leuven tot Coimbra, Sicilië tot Zimbabwe, Miami, Istanbul, Moskou, St. Petersburg. Athene, Los Angeles, Texas, New York, Zurich, Poznán in Pole, Tirana in Albanië . . .

Hierdie multimedia program bring hulde aan Ingrid Jonker van oral oor die wêreld.

Ingrid is vanjaar in Julie 50 jaar gelede oorlede Na afloop van die program sal daar ‘n bespreking wees en die publiek kan vrae vra aan die kenners. Sy het op ‘n jong leeftyd gesterf maar diep spore nagelaat.

                                                    Petrovna Metelerkamp

Friday 26 June 2015

Dit is Kalfiefees tyd


            Derrick Dickens                           Kilbrightshire - Derrick Dickens

Vir 15 jaar is die Overstrand Munisipaliteit deel van die Kalfiefees en het die groei ervaar.

Hierdie fees trek besoekers van oraloor om van ons land se top kunstenaars te sien.  Die feeskomitee het weereens alle verwagtinge oortref om iets vir almal te bied.

Vanaf die gala-aand waartydens VonWest optree, tot by die allerlaaste optrede, is daar ‘n wye verskeidenheid waaruit gekies kan word.

Daar is komedies waartydens die vrou vir haarself gaan lag en die man homself langs ‘n braaivleisvuur gaan sien.  Ook is daar musiekoptredes deur top bekroonde musikante en moenie van die kunsuitstalling in die ouditorium en die Vrouedagviering by die Harbour Rock-restaurant vergeet nie.

Hermanus is bevoorreg om gasheer te wees vir ‘n fees van top gehalte, en ek bedank die komitee en die borge daarvoor.


Sien saam met my uit na die Kalfiefees!


Nicolette Botha-Guthrie
Uitvoerende Burgemeester

Thursday 25 June 2015

Feesgroete van Thys Sutherland (Voorsitter)



A.G. Visser het jare gelede gesê: “ kom ons gaan ‘n kalfie soek…..  ons tweetjies, ek en jy.” Hier in die Overberg hoef niemand verder te soek nie!

Winter, walvisse en die Hermanus Times Kalfiefees het sinoniem geword!

Ons vier vanjaar ons 15e bestaansjaar en die fees het beslis sy kinder(kalfie)skoene ontgroei.
Ons bied vanjaar weer ‘n Besprekingsprogram, Vrouedag, Dramas, Komedies, Musiek en kinderproduksies van hoogstaande gehalte aan u, ons lojale feesgenote.

Benewens die kunstenaars en u ons feesvriende, is ons borge die krag agter die fees. A very special word of thanks to each and every one of our generous donors. You make our festival happen!!

Laastens my persoonlike dank aan die klein, gemotiveerde hardwerkende bende, die feeskomitee. Dis julle wat elke jaar die gebiedswaters uitbrei!

“Come inside, enter a world of light and sound…. While time slips through your fingers.. Oh what joy to enter the theatre!”(anonymous)

Geniet die 2015 Hermanus Times Kalfiefees!

Feesgroete
Thys Sutherland    (Voorsitter)