Thursday 30 July 2015

Drama Drama

Maak reg om jou te verlustig in die beste van drama, toneel, eksperimentele teater. Vanjaar se Kalfie is weer eens besonders met iets vir almal.

Daar is kabaret, musiek (onder meer Emo Adams, Koos Kombuis, Juanita du Plessis), komedie, ietsie vir kinders en dramas.


Saterdag, 8 Aug, 09:30 - Harbour Rock Restaurant

Kom vier saam met ons ‘n heerlike Vrouedag by die Harbour Rock restaurant by die Nuwe Hawe, geniet die uitsig en luister na Hannes van WYK. As bekende akteur en televisie aanbieder (lank by BRAVO en nou by KWêLA), het hy so baie dinge wat hy wil hê ma’s en vrouens moet weet. Hy self het ‘n wonderlike verhouding met sy eie ma. Hy het gevolglik sy eie spesiale program hieroor geskryf om vir ma’s te vertel hoe kosbaar hulle is.


Saam met hom sal Lize Beekman ons vergas met haar besondere stem en liedjies./y is iemand wat hoofsaaklik haar eie liedjies sing en het ook al verskeie toekennings ontvang. Sy het ook al vir verskeie bekende kunstenaars liedjies geskryf en een van haar bekendste is “’n Sonneblom uit Bethlehem”

Verder is daar heerlike versnaperinge op die spyskaart sowel as vele trekkings met heerlike pryse.


Saterdag, 8 Aug,18:00 en Sondag 9 Aug 13:00 - Burgersentrum

Gys en Jos (Frats) is twee roeikampioene wat tydens ‘n wedvaart op die Krokodilrivier omslaan en op die oewer uitspoel. Hulle is jare lank vriende en terwyl hulle wag vir die reddingspan om op te daag, neem hulle hul lewens in oënskou, herkou aan allerlei kwessies en filosofeer oor die toekoms. Dan gewaar hulle ‘n skuitjie in die verte wat nader kom… Wat volg is ‘n ontknoping wat jou sal laat lag, huil en met deernis vervul.

Spelers: Viljé Maritz en Francois Jacobs Teks: Wessel Pretorius Regie: Albert Maritz

Geborg deur Clemengold


Tussen vertonings bied die kuiertent (langs die De Wetsaal) lafenis en lekker kos, en die Kalfie-kunsuitstalling (ouditorium) is ’n gulde geleentheid om ’n groot verskeidenheid kunswerke onder een dak te sien en jou eie versameling uit te brei.


Kom kyk walviskalfies, kom lag, huil, sing, dans en baljaar  in die sonskyn terwyl die Kalfiefees sal sorg dat  die kospotte en die drankbekers volgehou word tydens die langnaweek van 6 – 10 Augustus.

Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die volle Kalfiefees-program.


Besprekings via www.computicket.com


Tuesday 28 July 2015

Kalfiefees sonder wind en met baie son!!

Om so gelukkig te wees oor die Kalfiefees naweek gebeur baie selde maar, as die weervoorspeller reg is, sien ons uit na ‘n heerlike sonskynnaweek en dit nog sonder die nare Augustuswinde ook. Wat ‘n bonus! Die komitee het vanjaar regtig baie moeite gedoen om so veel as moontlik produksies van top-gehalte na die fees te bring.

Van ons wegspring op Donderdag 6 Augustus by die Gala-aand met die heerlike 3-gang maaltyd van Warwick Chef School en daarna die gewilde musiek van die VonWest opera-rockduet, gaan ons die naweek in met spoed. Die spyskaart vir Vrydag 7 Augustus sluit in, ‘n multimedia produksie oor die werk en lewe van die bekende Ingrid Jonker, wat deur haar outobiograaf en ons Kalfiefeesteël ontvanger van 2015, Petrovna Metelerkamp, as huldigingsprogram aangebied word. Ons kry ook geleentheid om op Vrydag te luister na 3 verskillende musiekkante, Koos Kombuis, Danièl Pascal en Elvis, wat elk ‘n ander tipe gehoor sal trek.



Saterdag 8 Augustus spring ons weg met die kabaretmusiek van die pragtige 3 jonge  dames in Welkom in SA en die eenman vertoning van Frank Opperman in Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade.  Die res van die dag sluit in, die deernisvolle vertelling van Erik Holm in blou-blou, die lewensbeskouing van die twee jong manne in Frats, die twee “ou mensies” Elize Cawood & Wilson Dunster) in Die Wagkamer, Neels van Jaarsveld met sy golfspelery in Innie Rof, die aankoms van die  eersteling in Pienkvoet en  weereens drie uiteenlopende musiekproduksies, die kabaret Psalms van ‘n Huisvrou, Tyd en Weill en die immer gewilde Juanita du Plessis om die dag op ‘n hoë noot mee af te sluit.


Teen hierdie tyd van die naweek is ons nou al goed opgewarm om sommer Sondag 9 Augustus, vroegoggend te begin met die drama Die Glas ennie Draad, wat ons ‘n kykie gee wat in bendekringe aangaan. Vir die musiekkenners bied Ballade van ‘n “backtrack” ‘n aangename potpourri van verskillende musieksyle en genres aan deur twee top musici, Winand Grundling en André Terblanché, daar is die pragtige verwerking van Bob Dylan se musiek deur die sanger Koos van der Merwe in Tamboerynman, die klassieke klanke van die  Stellenbosch Libertaskoor, pragtige Afrikaanse nuwe komposisies en klanke van Emile Minnie en kom stamp die voete en swaai die lyf laataand met Emo Adams in Finding Emo en sy Take Note Band!   Gedurende die dag kan feesgangers kom verken  hoeveel woema Sharleen Surtie-Richards het in die eenvrou vertoning Die Woema van ‘n Windgat Wyfie, en dan kan daar kers opgesteek word oor hoe om te werk te gaan in Affairs vir Domkoppe 2. Die lekker lag vir die naweek word voortgesit met Vetterag of te not, Sports en die manne wat so saampraat in Hier sit die manne.


So tussendeur al die pret en plesier is dit nodig om die innerlike te versterk en vanjaar lyk ons Pick&Pay Kuiertent langs die De Wetsaal na die perfekte plek om jou ete en drinke te kom kry. Alles wat jy graag wil eet onder een dak met ‘n lekker bier of ‘n glas wyn in die ander hand.  Ons  Kunsuitstalling  in die foyer van die Burgersentrum is ook goed gerat om  sommer ook jou eie keuse skilderye vir die huis aan te koop want met 60 uitstallers gaan daar vir elke kunsliefhebber iets wees wat hom/haar gaan geval.


En so vir oulaas op Maandag 10 Augustus, terwyl nog ‘n paar laaste produksies van die naweek klaarmaak sorg ons dat die kinders ook ‘n beurt kry met die mannewales van die tuindwerge in Kinkel en Konkel.


Die uitnodiging is dus: Kom kyk walviskalfies, kom lag, huil, sing, dans en baljaar  in die sonskyn terwyl die Kalfiefees sal sorg dat  die kospotte en die drankbekers volgehou word tydens die langnaweek van 6 – 10 Augustus.



SPROKKELSTER TEATER MAAK TOE OP 31 JULIE 2015


Oeps! Wat nou gemaak vra die Kalfiefeeskomitee?

Klaar opgelos en aangepas vir 6 – 10 Augustus

Let wel – TYE EN TEATERS VERANDER – indien daar problem hiermee is, skakel asb gerus die Kalfiefeeskantoor.  Ons verseker u dat die kwaliteit van die produksies nie geraak word nie.


Aangeheg die veranderde dagprogram:

Vr 7 Aug 18:30 Koos Kombuis - De Wetsaal
Vr 7 Aug 22:00 Elvis -De Wetsaal
Sat 8 Aug 14:00 Blind Date - De Wetsaal
Sat 8 Aug 15:00 Psalms Huisvrou - Sandbaaisaal
Sat 8 Aug 20:30 Tyd en Weill - Burgersentrum
Son 9 Aug 10:00 Ballade van 'n "backtrack" - Burgersentrum
Son 9 Aug 15:00 Emile Minnie - Burgersentrum
Son 9 Aug 17:30 Sports - De Wetsaal
Ma 10 Aug 10:00 Kinkel & Konkel - NG gemeemtesaal, Onrusrivier

Monday 27 July 2015

ShiZA IKapa gekanselleer


Die Hermanus Times Kalfiefees moet ongelukkig die produksie van ShiZA IKapa, weens onvoorsiene omstandighede, kanselleer. Ons wil almal aanmoedig om hierdie ongelooflike produksie by Rockwell Hotel in Kaapstad te probeer bywoon.


Vetterag of te not (Komedie)

Sondag, 9 Aug, 16:30
60 min R100
de Wetsaal

Die vet weet, dis soes hulle sê: “beauty kom nie sonner pyn en suffering nie.” Kyk vi’ arme Mevrou wat so haar kos habits sal moet renegotiate om weer sexy en jonk te lyk vi’ haar man se roving eye. En dan kan die arme Mathilda nie eens vir health issues daai borde kos minder maak nie, want Hendrikkie laaik van baie kos en van sy lyf… ja, soesie lewe…Ma gelukkag, dun of dik, die suffering het sy lagkant oek.

Spelers: Ester von Waltsleben, Leatitia Solomons-Manuel en Hilton Andries
Teks: Hilton Andries en Leatitia Solomons-Manuel
Regisseur: Ralston Oliphant
Produksiehuis: Chommiez Geselskap


Geborg deur Dagbreek Trust  



Thursday 23 July 2015

Komedies by die Kalfiefees



Die Hermanus Times Kalfiefees bied vanjaar meer as ’n handvol vertonings om die lagspiere bietjie wakker te kielie.
In die De Wetsaal het ons die heerlike Hie’ sit die manne met die gesoute akteurs Waldemar Schultz, Brendon Daniels en Deon Lotz. As jy ooit gewonder het waaroor mans alles om die kampvuur gesels, kom luister gerus.


Neels van Jaarsveld (eish…) speel in Innie Rof as die versukkelde outjie wat eers blom as hy golf speel. Sien jy jouself?

Die geliefde paar van Wilson Dunster en Elize Cawood vermaak ons met Die Wagkamer waar hulle ’n bejaarde paartjie is wat moet afskaal en in ’n aftree-oord moet intrek. Die situasie is hartseer maar ook baie komies. Meeste van ons kan op een of ander manier met die situasie assosieer.



Die Chommiez-geselskap bring ons ’n komedie met musiek, nl. Vetterag of te not, wat die gesegde, “beauty kom nie sonner pyn en suffering nie” goed ondersoek. Moenie dié besondere opvoering mis nie.
Ook in die De Wetsaal is Welkom in Suid-Afrikawat ’n uiters genotvolle kabaret is met sosiale kommentaar op ’n humoristiese wyse.


Sprokkelster bied vir ons Psalms van ’n huisvrou, wat ook ’n kabaret is met al die pligte waar ’n vrou aan moet voldoen. Hulle is regte, egte vrouens.



Sports is ’n komedie waar Annelina Steyn (Elizna Vermeulen) met alle “sports” die draak steek, van wêreldbekers tot ping-pong op Olimpiesevlak en joga.


Die Sandbaaisaal gaan dreun met What the Eff met Nik Rabinowitz. Hierdie opvoering is vol van sy slim kwinkslae en is daar vir Afrikaans- en Engelssprekendes. As jy by die vorige fees nie kon plek kry nie – hier’s jou kans.

Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade met Frank Opperman sal jou ’n bietjie anders na die wel en wee van ‘n predikant laat kyk. Behalwe dat Opperman skitterend in sy rol is, is die teks geskryf deur Dana Snyman.
Nog ’n treffer hier, is Shaleen Surtie-Richards in Die woema van ’n Windgat Wyfie. Dis ’n skreeusnaakse komedie met diepte. Sy laat jou met ’n paar dinge om oor na te dink. Jy kan jouself miskien hier en daar herken?



Chris Vorster is terug met Affairs vir Domkoppe 2 waar hy sorg vir meer aksie, kwinkslae en minder lessies. Hy spot met verskeie karakters op ’n reguit manier.


Kom geniet ’n fees van uitstekende toneel wat die Kalfie-komitee een maal ’n jaar vir julle opdis.
As jy in die Overstrand is, die  programboekie is beskikbaar by die Hermanus Times, Hermanus-toerismekantoor en Computicket. Die boekie is ook 24/7 by die Kalfiefees-kantoor by die De Wetsaal, Onrus beskikbaar, in die mandjie wat aan die buitekant van die veiligheidshek hang.


Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die volle Kalfiefees-program.
Besprekings via www.computicket.com.



Tuesday 21 July 2015

Nuwe werke met jong mense by die Kalfiefees



By vanjaar se Hermanus Times Kalfiefees wil ons baie graag, soos in die verlede, weereens nuwe jong akteurs, teksskrywers, musici en regisseurs die geleentheid gee om hul werk ten toon te stel.
Met die groot verskeidenheid musiek, drama en komedie by vanjaar se fees wil ons feesgangers aanmoedig om in groot hoeveelhede die nuwe talent te ondersteun. Die meeste van hierdie produksies vind plaas by die Sprokkelster-teater, Onrusrivier, maar daar is ook een of twee produksies by die Burgersentrum en die De Wetsaal.


Ons spring weg met die gala-aand met die begeesterde musiek van VonWest wat beskryf word as ons eie Bryan Adams/José Carreras-duet.


Vanuit Gauteng kom drie pragtige, begaafde jong meisies met ’n eie kabaret, Welkom in Suid-Afrika Saterdagmiddag 12:30 by die De Wetsaal.
Teen 15:00 is dit die beurt van Eric Holm om in blou-blou sy ervaring van sy duikongeluk en die tydperk daarna op ’n uiters deernisvolle manier aan die gehoor oor te dra. ’n Tweede vertoning hiervan volg om 18:00 op Sondag 9 Augustus.


Nog twee jong manne, Viljé Maritz en Francois Jacobs, na wie feesgangers kan kom kyk, is Saterdag 18:00 en Sondag 9 Augustus 13:00 in Frats by die Burgersentrum te sien. Briljante toneelspel!


Ook op Saterdag 8 Augustus 15:00 bied ons ’n kykie aan in die lewe van ’n blinde persoon (gespeel deur ’n blinde persoon) in Blind Date – aangrypend.
Hulle word voorafgegaan deur die uiters begaafde musiekduo van Ballade van ’n Backtrack met top-orrelis Winand Grundling en sanger/akteur André Terblanché.


Vir dié wat lus het vir ’n bietjie sports is daar die komedie Sports Sondagaand 18:00 en ’n vrolike kabaret, Psalms van ’n Huisvrou, Saterdag 18:00 gevolg deur die net sulke talentvolle twee musikante, Pieter van Hels­landt en Marlie Katzke met die inspirerende Tyd en Weill.


Laastens maak ons altyd plek in die program vir gewilde musikant Emile Minnie op Sondag 9 Augustus by Sprokkelster.
Onthou, ons getroue feesondersteuners, dit is die Miriam Makebas, die Sandra Prinsloos en Marius Weyerse van die toekoms. En hulle maak staat op ons ondersteuning, anders sterf kultuur dalk net ’n gestadigde dood.
As jy in die Overstrand is, die programboekie is beskikbaar by die Hermanus Times, Hermanus-toerismekantoor en Computicket. Die boekie is ook 24/7 by die Kalfiefees-kantoor by die De Wetsaal, Onrus beskikbaar, in die mandjie wat aan die buitekant van die veiligheidshek hang.


Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die volle Kalfiefees-program.
Besprekings via www.computicket.com.




Monday 20 July 2015

Kalfiefees bied iets vir almal

Die jaar vlieg. Dis weer amper tyd vir die Hermanus Times Kalfiefees (6-10 Augustus).
Maak reg om jou te verlustig in die beste van toneel, musiek en eksperimentele teater. Vanjaar se Kalfie is weer eens besonders met iets vir almal.
Daar is komedie, musiek (onder meer Emo Adams, Koos Kombuis, Juanita du Plessis), kabaret, dramas en ietsie vir kinders. Ook tree die Stellenbosch Libertaskoor op in die NG Gemeentesentrum, Onrus.
Vir die oomblikke tussen vertonings bied die kuiertent (langs die De Wetsaal) lafenis en lekker kos, en die Kalfie-kunsuitstalling (ouditorium) is ’n gulde geleentheid om ’n groot verskeidenheid kunswerke onder een dak te sien en jou eie versameling uit te brei.


Openingsaand
VonWest tree Donderdag 6 Augustus om 19:00 in die Sandbaaisaal op. Die naam is afgelei van beide sangers se vanne, Deon von Solms en Pieter West. Saam is hulle ons eie Pavarotti en Bryan Adams, en word na hulle verwys as die “Dominee en die Rocker”. Voor hul optrede word ’n heerlike driegangmaaltyd voorgesit.
Kaartjies kos R280 en die vertoning duur 180 minute. Tafels kan by Computicket bespreek word.

Ingrid Jonker Wêreldwyd
Hierdie multimediaprogram bring hulde aan Ingrid Jonker wat vanjaar in Julie 50 jaar gelede oorlede is.

Die program sluit uittreksels uit dokumentêre video’s, gesprekke met o.a. André Brink, Jan Rabie, Marjorie Wallace, musiek-video’s van sangers soos Chris Chameleon en Laurika Rauch en voorlesings van gedigte in.
Die samesteller is Petrovna Metelerkamp, ook vanjaar se ontvanger van die gesogte Kalfiefees-teël. Die vertoning vind Vrydag 7 Augustus om 18:00 by die munisipale ouditorium plaas. Die kaartjies kos R80.

Spring en kry jou Kalfiefees-kaartjies nou. En gou. Want voor jy jou oë uitvee sit jy dalk stoksielalleen terwyl almal om jou in die heerlike sonnige, droë Augustus-langnaweek (as ons die vooruitskatting kan glo) hul harte uitkuier.
As jy in die Overstrand is, die  programboekie is beskikbaar by die Hermanus Times, Hermanus-toerismekantoor en Computicket. Die boekie is ook 24/7 by die Kalfiefees-kantoor by die De Wetsaal, Onrus beskikbaar, in die mandjie wat aan die buitekant van die veiligheidshek hang.

Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die volle Kalfiefees-program.
Besprekings via www.computicket.com.

Thursday 16 July 2015

Frats (Drama)

Saterdag, 8 Aug,18:00 en Sondag 9 Aug 13:00
55 min R 110
Burgersentrum

Gys en Jos is twee roeikampioene wat tydens ‘n wedvaart op die Krokodilrivier omslaan en op die oewer uitspoel. Hulle is jare lank vriende en terwyl hulle wag vir die reddingspan om op te daag, neem hulle hul lewens in oënskou, herkou aan allerlei kwessies en filosofeer oor die toekoms. Dan gewaar hulle ‘n skuitjie in die verte wat nader kom… Wat volg is ‘n ontknoping wat jou sal laat lag, huil en met deernis vervul.

Spelers: Viljé Maritz en Francois Jacobs Teks: Wessel Pretorius Regie: Albert Maritz


Geborg deur Clemengold

Vrouedag

Saterdag, 8 Aug, 09:30
120 min R160
Whale Rock Restaurant

Kom vier saam met ons ‘n heerlike Vrouedag by die Harbour Rock restaurant by die Nuwe Hawe, geniet die uitsig en luister na Hannes van WYK. As bekende akteur en televisie aanbieder (lank by BRAVO en nou by KWêLA), het hy so baie dinge wat hy wil hê ma’s en vrouens moet weet. Hy self het ‘n wonderlike verhouding met sy eie ma. Hy het gevolglik sy eie spesiale program hieroor geskryf om vir ma’s te vertel hoe kosbaar hulle is.

Saam met hom sal Lize Beekman ons vergas met haar besondere stem en liedjies./y is iemand wat hoofsaaklik haar eie liedjies sing en het ook al verskeie toekennings ontvang. Sy het ook al vir verskeie bekende kunstenaars liedjies geskryf en een van haar bekendste is “’n Sonneblom uit Bethlehem

Verder is daar heerlike versnaperinge op die spyskaart sowel as vele trekkings met heerlike pryse.




Wednesday 15 July 2015

Blind Date (Satire)

Saterdag, 8 Aug 15:00
50 min, R80
Sprokkelster

‘n Satire met ‘n string interessante karakters wat nuwe insig bring aan die tema van blindheid. Wie is almal blind? Dalk nie net dié met ‘n kierie nie. Die produksie is skerp en en skyn nuwe lig op blindheid.

Teks en regisseur: Dinie Basson
Akteurs: Dinie Basson, Jeanie Rudolph (wat blind is)
Pianis: Leonore Bredekamp

Tyd en Weill

Saterdag, 8 Aug 20:30
60 min, R120
Sprokkelster
Geen 0/13 - Taal


Tyd en Weill is geskryf en saamgestel deur Pieter van Helslandt. Hy vertel deur die musiek van Kurt Weill, die verhaal van inspirasie. Marlie Katzke (Girl van die Suburbs) vertolk die rol van ‘n muse en moet hierdie legendariese komponis vanuit ‘n mistieke wêreld inspireer. Met bekende liedere soos Surabaya Johnny, September Song, Mack the Knife, The Saga of Jenny en Stranger Here Myself skep sy die “skilderdoek” en vergestalt die muse daarop as minnares, vertroueling en selfs die hartgebroke slagoffer van noodlottige liefde. Sy moet terg en troos, breek en bou, maar bowenal moet sy sing om die eensaamheid te verdryf.

Monday 13 July 2015

Juanita du Plessis- En toe staan die wêreld stil


Saterdag, 8 Aug, 20:30
60 min R150
Sandbaaisaal

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk!   Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit. ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly! (Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin het intussen hul geboorteland, Namibië en Gobabis agter gelos en hulself in Pretoria gevestig.   Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik. Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog” (2007), is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye.

In 2012 behaal Juanita ‘n mylpaal wat sy nooit vir haarself kon indink nie. Sy word die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2 000 000 albums in Suid-Afrika te verkoop.
Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref dié van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika.

Sien hoe Kinkel en Konkel weer die dag red!

Maandag, 10 Aug 10:00
60 min, R45
Sprokkelster

Kom wees deel van die avontuurlustige verhaal vol aksie en sien hoe Kinkel en Konkel weer die dag red!


Tuinebaai se groenvingers is alweer weg! Kinkel en Konkel vermoed dat dit hierdie keer die Brommels se handewerk is. Hulle pak een van hulle grootste avonture nog aan terwyl hulle die groenvingers onder die grond tussen die Brommels se plantwortels gaan soek, maar tot hulle verbasing is dit nie daar nie… Nadat hulle raad gaan vra by Agent 360, besef die Tuindwerge dat al hoe hulle die groenvingers gaan terugkry, is as hulle dapper genoeg is om na die hoogste takke van Tuinebaai te vlieg.

PIENKVOET (Komedie) - net vir jou!


Vrydag, 7 Aug, 20:30 en Sat, 8 Aug, 12:30
75 min R110
Burgersentrum


En toe is julle drie! Na nege maande het julle Pienkvoet gearriveer. Julle’t al die boeke gelees, die Internet vir slaggate gefynkam en julle ore vir al wat raad was gespits, maar niks kon julle voorberei op die totale aanslag van ‘n eersteling nie. Na die eerste ses weke besef jy jy het ses weke laas geslaap en wonder of die hospitaal dit sal oorweeg om die wonderwerkie terug te neem. Maar nes jy breekpunt bereik wanneer jy een middernag hande viervoet deur die trane die kind smeek om te slaap, smile sy vir jou…..! Nou wat nou? As jy ’n ouer is, is die skreeusnaakse sketskomedie,Pienkvoet net vir jou.

Wednesday 8 July 2015

KOM KUIER SAAM IN DIE KUIERTENT

Soos verlede jaar is die hart van die Kalfiefees  weer by die De Wetsaal in Onrus, in n knus kuiertent langs die saal.

Al storm  en sous dit buite soos dikwels gedurende die Kalfiefees het ons n toe tent met verwarmers binne, so die tent sal staande, droog en warm wees.

Binne in die tent is daar genoeg om te eet en te drink. Die wyn, bier en koeldrank sal nie opraak nie, en tee en koffie sal aanhoudend prut. Heerlike eetgoed soos Sharma, vetkoek en pannekoek sal die innerlike versterk asook n keuse van koshappies.

En aan die naburige inwoners, (en kunstenaars wat in die De Wetsaal optree) wil ons net se daar sal nie uitbundige harde musiek tot laataand wees nie….net n rustige atmosfeer met strelende klanke. (Maar mens weet nooit…)

Die 'kantoor' van die Kalfiefees is ook binne-in die tent, en onthou, wie ookal van die Kalfiefeeskomitee die tafel beman, sal ook raad, inligting en aanwysings kan gee. Kaartjies vir alle vertonings kan gedoen word by Computicket -in die Checkerssentrum, maar sal ook beskikbaar wees by die kuiertent  gedurende die feesnaweek.  



Pascal Sings Piaf, 100 years Remembered


De Wet Hall - Vrydag 7 Aug - 20:30
75 min - R120

Award winner Danièle Pascal is one of South Africa’s leading concert artists. She is renowned for her interpretation of the music of Edith Piaf, Jacques Brel and many other French legends. In celebration of the 100th anniversary of Edith Piaf, Danièle presents a musical journey featuring timeless classic hits of La Môme Piaf – la vie en rose, non je ne regrette rien, padam, sous le ciel de Paris, la foule and many more. A passionate, sentimental and moving production. A Must See!


Critics RATING: ★★★★★