A.G. Visser het
jare gelede gesê: “ kom ons gaan ‘n kalfie soek….. ons tweetjies, ek en
jy.” Hier in die Overberg hoef niemand verder te soek nie!
Winter, walvisse en
die Hermanus Times Kalfiefees het sinoniem geword!
Ons vier vanjaar
ons 15e bestaansjaar en die fees het beslis sy kinder(kalfie)skoene ontgroei.
Ons bied vanjaar
weer ‘n Besprekingsprogram, Vrouedag, Dramas, Komedies, Musiek en kinderproduksies
van hoogstaande gehalte aan u, ons lojale feesgenote.
Benewens die
kunstenaars en u ons feesvriende, is ons borge die krag agter die fees. A very
special word of thanks to each and every one of our generous donors. You make
our festival happen!!
Laastens my
persoonlike dank aan die klein, gemotiveerde hardwerkende bende, die
feeskomitee. Dis julle wat elke jaar die gebiedswaters uitbrei!
“Come inside, enter
a world of light and sound…. While time slips through your fingers.. Oh what
joy to enter the theatre!”(anonymous)
Geniet die 2015
Hermanus Times Kalfiefees!
Feesgroete
Thys
Sutherland (Voorsitter)
No comments:
Post a Comment