Derrick Dickens Kilbrightshire - Derrick Dickens
Hierdie fees trek besoekers van oraloor om van ons
land se top kunstenaars te sien. Die feeskomitee het weereens alle
verwagtinge oortref om iets vir almal te bied.
Vanaf die gala-aand waartydens VonWest optree, tot
by die allerlaaste optrede, is daar ‘n wye verskeidenheid waaruit gekies kan
word.
Daar is komedies waartydens die vrou vir haarself
gaan lag en die man homself langs ‘n braaivleisvuur gaan sien. Ook is
daar musiekoptredes deur top bekroonde musikante en moenie van die
kunsuitstalling in die ouditorium en die Vrouedagviering by die Harbour
Rock-restaurant vergeet nie.
Hermanus is bevoorreg om gasheer te wees vir ‘n
fees van top gehalte, en ek bedank die komitee en die borge daarvoor.
Sien saam met my uit na die Kalfiefees!
Nicolette Botha-Guthrie
Uitvoerende Burgemeester
No comments:
Post a Comment