Om so gelukkig te wees oor die Kalfiefees naweek gebeur baie
selde maar, as die weervoorspeller reg is, sien ons uit na ‘n heerlike
sonskynnaweek en dit nog sonder die nare Augustuswinde ook. Wat ‘n bonus! Die komitee
het vanjaar regtig baie moeite gedoen om so veel as moontlik produksies van
top-gehalte na die fees te bring.
Van ons wegspring op Donderdag 6 Augustus by die Gala-aand met die heerlike 3-gang
maaltyd van Warwick Chef School en daarna die gewilde musiek van die VonWest opera-rockduet, gaan ons die
naweek in met spoed. Die spyskaart vir Vrydag 7 Augustus sluit in, ‘n
multimedia produksie oor die werk en lewe van die bekende Ingrid Jonker, wat deur haar outobiograaf en ons Kalfiefeesteël
ontvanger van 2015, Petrovna Metelerkamp, as huldigingsprogram aangebied word. Ons kry ook geleentheid om op Vrydag te luister na 3 verskillende musiekkante, Koos Kombuis, Danièl Pascal en Elvis,
wat elk ‘n ander tipe gehoor sal trek.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjqiw7xy_Jto91Nxn9iiDoCQlo3qIHpYk5qjnG8djhMhWbuu359QiwaHbZzVVaquSya8c03kfFVBEjJtms0TSUppgtdPVfYbNjM3RXAuo8qRnSkGrre_MNmKWNrZHDjOsva03mQNM1dXU4/s200/Blou-Blou.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgKDSNLX94_CfHHEjSQqOhJR4j6va7QZZ6B3x3l4Qy9p45KuNodCz3rkp2Y-24avB9kSbBL06oMZTgSTXInXoFLQ1jMZQFFLC31ntOm0bF4AdhQeWOLaYtQVDKmro229NyaGlhwJmpt3hE/s200/Pienkvoet.jpg)
Saterdag 8 Augustus spring ons weg met die kabaretmusiek van
die pragtige 3 jonge dames in Welkom in SA en die eenman vertoning
van Frank Opperman in Die Klaagliedere
van Ds Tienie Benade. Die res van
die dag sluit in, die deernisvolle vertelling van Erik Holm in blou-blou, die lewensbeskouing van die
twee jong manne in Frats, die twee
“ou mensies” Elize Cawood & Wilson Dunster) in Die Wagkamer, Neels van Jaarsveld met sy golfspelery in Innie
Rof, die aankoms van die eersteling in
Pienkvoet en weereens drie uiteenlopende
musiekproduksies, die kabaret Psalms van
‘n Huisvrou, Tyd en Weill en die
immer gewilde Juanita du Plessis om
die dag op ‘n hoë noot mee af te sluit.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjdJ8mOT4YRbO9zKgzWTRqKh2sGAsaugaKrXzSsCgl8eU4uzOGJZHK_oV5sMFpUeH6waA074WDBnLC7e4SC6Q86Q4FN6jg3Gk3zjU46WJB8fIU1Fi-3TxSXtLSz0uAA9Socg1D9pzcoz5w/s200/Ballade_Backtrack-449x480.jpg)
Teen hierdie tyd van die naweek is ons nou al goed opgewarm
om sommer Sondag 9 Augustus, vroegoggend te begin met die drama Die Glas ennie Draad, wat ons ‘n kykie
gee wat in bendekringe aangaan. Vir die musiekkenners bied Ballade van ‘n “backtrack” ‘n aangename potpourri van verskillende
musieksyle en genres aan deur twee top musici, Winand Grundling en André Terblanché,
daar is die pragtige verwerking van Bob Dylan se musiek deur die sanger Koos
van der Merwe in Tamboerynman, die
klassieke klanke van die Stellenbosch Libertaskoor, pragtige
Afrikaanse nuwe komposisies en klanke van Emile
Minnie en kom stamp die voete en swaai die lyf laataand met Emo Adams in Finding Emo en sy Take Note Band! Gedurende
die dag kan feesgangers kom verken hoeveel woema Sharleen Surtie-Richards het in
die eenvrou vertoning Die Woema van ‘n
Windgat Wyfie, en dan kan daar kers opgesteek word oor hoe om te werk te
gaan in Affairs vir Domkoppe 2. Die
lekker lag vir die naweek word voortgesit met Vetterag of te not, Sports en die manne wat so saampraat in Hier sit die manne.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjt8jXEm-A1ReL8DFDDoA3F5mMxHSs7aLJAdQRgG4h2oE3ClKtUnr-Nuh_4WdFIAr1JyHXi9zGb1zU8tqAa_3oHb1slAgrOz2OnpSR9LdyrkQ64sFlLdJrUQZEqQ0WqMB8tSb5xoZRG064/s200/Clipper+becalmed.JPG)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjkRBYip4aPcRI-xNBLxzdamfYhbr0K_G-xHyfJwkWp_IfNBqgy2co6tCYJbqumwmxlKo9Mu7LsZtiPGcs4QrsfGeCoK4HEJaiiTwD9DKSnZUVN_es7gE012IBUXhyphenhyphenMhuH8qpeKQ6v1qpY/s200/Kilbrightshire+-+Derek+Dickens.jpg)
So tussendeur al die pret en plesier is dit nodig om die innerlike
te versterk en vanjaar lyk ons Pick&Pay
Kuiertent langs die De Wetsaal na die perfekte plek om jou ete en drinke te
kom kry. Alles wat jy graag wil eet onder een dak met ‘n lekker bier of ‘n glas
wyn in die ander hand. Ons Kunsuitstalling
in die foyer van die Burgersentrum
is ook goed gerat om sommer ook jou eie
keuse skilderye vir die huis aan te koop want met 60 uitstallers gaan daar vir
elke kunsliefhebber iets wees wat hom/haar gaan geval.
En so vir oulaas op Maandag 10 Augustus, terwyl nog ‘n paar
laaste produksies van die naweek klaarmaak sorg ons dat die kinders ook ‘n
beurt kry met die mannewales van die tuindwerge in Kinkel en Konkel.
Die uitnodiging is dus: Kom kyk walviskalfies, kom lag, huil,
sing, dans en baljaar in die sonskyn terwyl
die Kalfiefees sal sorg dat die kospotte
en die drankbekers volgehou word tydens die langnaweek van 6 – 10 Augustus.