Maak reg om jou te verlustig in die beste van drama, toneel,
eksperimentele teater. Vanjaar se Kalfie is weer eens besonders met iets vir
almal.
Daar is kabaret, musiek (onder meer Emo Adams, Koos Kombuis,
Juanita du Plessis), komedie, ietsie vir kinders en dramas.
Saterdag, 8 Aug,
09:30 - Harbour Rock Restaurant
Kom vier saam met ons ‘n heerlike Vrouedag by die Harbour
Rock restaurant by die Nuwe Hawe, geniet die uitsig en luister na Hannes van
WYK. As bekende akteur en televisie aanbieder (lank by BRAVO en nou by KWêLA),
het hy so baie dinge wat hy wil hê ma’s en vrouens moet weet. Hy self het ‘n
wonderlike verhouding met sy eie ma. Hy het gevolglik sy eie spesiale program
hieroor geskryf om vir ma’s te vertel hoe kosbaar hulle is.
Saam met hom sal Lize Beekman ons vergas met haar besondere
stem en liedjies./y is iemand wat hoofsaaklik haar eie liedjies sing en het ook
al verskeie toekennings ontvang. Sy het ook al vir verskeie bekende kunstenaars
liedjies geskryf en een van haar bekendste is “’n Sonneblom uit Bethlehem”
Verder is daar heerlike versnaperinge op die spyskaart sowel
as vele trekkings met heerlike pryse.
Saterdag, 8 Aug,18:00
en Sondag 9 Aug 13:00 - Burgersentrum
Gys en Jos (Frats) is twee roeikampioene wat tydens ‘n
wedvaart op die Krokodilrivier omslaan en op die oewer uitspoel. Hulle is jare
lank vriende en terwyl hulle wag vir die reddingspan om op te daag, neem hulle
hul lewens in oënskou, herkou aan allerlei kwessies en filosofeer oor die
toekoms. Dan gewaar hulle ‘n skuitjie in die verte wat nader kom… Wat volg is
‘n ontknoping wat jou sal laat lag, huil en met deernis vervul.
Spelers: Viljé Maritz en Francois Jacobs Teks: Wessel Pretorius
Regie: Albert Maritz
Geborg deur Clemengold
Tussen vertonings bied die kuiertent (langs die De Wetsaal)
lafenis en lekker kos, en die Kalfie-kunsuitstalling (ouditorium) is ’n gulde
geleentheid om ’n groot verskeidenheid kunswerke onder een dak te sien en jou
eie versameling uit te brei.
Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die
volle Kalfiefees-program.
Besprekings via www.computicket.com
No comments:
Post a Comment