By vanjaar se Hermanus Times Kalfiefees wil ons baie
graag, soos in die verlede, weereens nuwe jong akteurs, teksskrywers, musici en
regisseurs die geleentheid gee om hul werk ten toon te stel.
Met die groot verskeidenheid musiek, drama en komedie by
vanjaar se fees wil ons feesgangers aanmoedig om in groot hoeveelhede die nuwe
talent te ondersteun. Die meeste van hierdie produksies vind plaas by die
Sprokkelster-teater, Onrusrivier, maar daar is ook een of twee produksies by
die Burgersentrum en die De Wetsaal.
Ons spring weg met die gala-aand met die begeesterde musiek
van VonWest wat beskryf word as ons eie Bryan Adams/José Carreras-duet.
Vanuit Gauteng kom drie pragtige, begaafde jong meisies met ’n eie kabaret, Welkom in Suid-Afrika Saterdagmiddag 12:30 by die De Wetsaal.
Teen 15:00 is dit die beurt van Eric Holm om in blou-blou sy
ervaring van sy duikongeluk en die tydperk daarna op ’n uiters deernisvolle
manier aan die gehoor oor te dra. ’n Tweede vertoning hiervan volg om 18:00 op
Sondag 9 Augustus.Vanuit Gauteng kom drie pragtige, begaafde jong meisies met ’n eie kabaret, Welkom in Suid-Afrika Saterdagmiddag 12:30 by die De Wetsaal.
Nog twee jong manne, Viljé Maritz en Francois Jacobs, na wie feesgangers kan kom kyk, is Saterdag 18:00 en Sondag 9 Augustus 13:00 in Frats by die Burgersentrum te sien. Briljante toneelspel!
Ook op Saterdag 8 Augustus 15:00 bied ons ’n kykie aan in
die lewe van ’n blinde persoon (gespeel deur ’n blinde persoon) in Blind Date –
aangrypend.
Hulle word voorafgegaan deur die uiters begaafde musiekduo
van Ballade van ’n Backtrack met top-orrelis Winand Grundling en sanger/akteur
André Terblanché.
Vir dié wat lus het vir ’n bietjie sports is daar die
komedie Sports Sondagaand 18:00 en ’n vrolike kabaret, Psalms van ’n Huisvrou,
Saterdag 18:00 gevolg deur die net sulke talentvolle twee musikante, Pieter van
Helslandt en Marlie Katzke met die inspirerende Tyd en Weill.
Laastens maak ons altyd plek in die program vir gewilde musikant Emile Minnie op Sondag 9 Augustus by Sprokkelster.
Onthou, ons getroue feesondersteuners, dit is die Miriam
Makebas, die Sandra Prinsloos en Marius Weyerse van die toekoms. En hulle maak
staat op ons ondersteuning, anders sterf kultuur dalk net ’n gestadigde dood.Laastens maak ons altyd plek in die program vir gewilde musikant Emile Minnie op Sondag 9 Augustus by Sprokkelster.
As jy in die Overstrand is, die programboekie is beskikbaar by die Hermanus Times, Hermanus-toerismekantoor en Computicket. Die boekie is ook 24/7 by die Kalfiefees-kantoor by die De Wetsaal, Onrus beskikbaar, in die mandjie wat aan die buitekant van die veiligheidshek hang.
Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die volle
Kalfiefees-program.
Besprekings via www.computicket.com.
No comments:
Post a Comment