Maandag, 10 Aug 10:00
60 min, R45
Sprokkelster
Kom wees deel van die avontuurlustige verhaal vol
aksie en sien hoe Kinkel en Konkel weer die dag red!
Tuinebaai se groenvingers is alweer weg! Kinkel en
Konkel vermoed dat dit hierdie keer die Brommels se handewerk is. Hulle pak een
van hulle grootste avonture nog aan terwyl hulle die groenvingers onder die
grond tussen die Brommels se plantwortels gaan soek, maar tot hulle verbasing
is dit nie daar nie… Nadat hulle raad gaan vra by Agent 360, besef die
Tuindwerge dat al hoe hulle die groenvingers gaan terugkry, is as hulle dapper
genoeg is om na die hoogste takke van Tuinebaai te vlieg.
No comments:
Post a Comment