Saterdag, 8 Aug 20:30
60 min, R120
Sprokkelster
Geen 0/13 - Taal
Tyd en Weill is
geskryf en saamgestel deur Pieter
van Helslandt. Hy vertel deur die musiek van Kurt Weill, die
verhaal van inspirasie. Marlie
Katzke (Girl van die Suburbs) vertolk die rol van ‘n muse en moet
hierdie legendariese komponis vanuit ‘n mistieke wêreld inspireer. Met bekende
liedere soos Surabaya Johnny, September Song, Mack the Knife, The Saga of Jenny
en Stranger Here Myself skep sy die “skilderdoek” en vergestalt die muse daarop
as minnares, vertroueling en selfs die hartgebroke slagoffer van noodlottige
liefde. Sy moet terg en troos, breek en bou, maar bowenal moet sy sing om die
eensaamheid te verdryf.
No comments:
Post a Comment