Wednesday, 8 July 2015

KOM KUIER SAAM IN DIE KUIERTENT

Soos verlede jaar is die hart van die Kalfiefees  weer by die De Wetsaal in Onrus, in n knus kuiertent langs die saal.

Al storm  en sous dit buite soos dikwels gedurende die Kalfiefees het ons n toe tent met verwarmers binne, so die tent sal staande, droog en warm wees.

Binne in die tent is daar genoeg om te eet en te drink. Die wyn, bier en koeldrank sal nie opraak nie, en tee en koffie sal aanhoudend prut. Heerlike eetgoed soos Sharma, vetkoek en pannekoek sal die innerlike versterk asook n keuse van koshappies.

En aan die naburige inwoners, (en kunstenaars wat in die De Wetsaal optree) wil ons net se daar sal nie uitbundige harde musiek tot laataand wees nie….net n rustige atmosfeer met strelende klanke. (Maar mens weet nooit…)

Die 'kantoor' van die Kalfiefees is ook binne-in die tent, en onthou, wie ookal van die Kalfiefeeskomitee die tafel beman, sal ook raad, inligting en aanwysings kan gee. Kaartjies vir alle vertonings kan gedoen word by Computicket -in die Checkerssentrum, maar sal ook beskikbaar wees by die kuiertent  gedurende die feesnaweek.  



No comments:

Post a Comment