Die Hermanus Times Kalfiefees bied vanjaar meer as ’n handvol vertonings om die lagspiere bietjie wakker te kielie.
Neels van Jaarsveld (eish…) speel in Innie Rof as die
versukkelde outjie wat eers blom as hy golf speel. Sien jy jouself?
Die geliefde paar van Wilson Dunster en Elize Cawood vermaak
ons met Die Wagkamer waar hulle ’n bejaarde paartjie is wat moet afskaal
en in ’n aftree-oord moet intrek. Die situasie is hartseer maar ook baie
komies. Meeste van ons kan op een of ander manier met die situasie assosieer.Ook in die De Wetsaal is Welkom in Suid-Afrikawat ’n uiters genotvolle kabaret is met sosiale kommentaar op ’n humoristiese wyse.
Sprokkelster bied vir ons Psalms van ’n huisvrou, wat
ook ’n kabaret is met al die pligte waar ’n vrou aan moet voldoen. Hulle is
regte, egte vrouens.
Sports is ’n komedie waar Annelina Steyn (Elizna
Vermeulen) met alle “sports” die draak steek, van wêreldbekers tot ping-pong op
Olimpiesevlak en joga.
Die Sandbaaisaal gaan dreun met What the Eff met Nik
Rabinowitz. Hierdie opvoering is vol van sy slim kwinkslae en is daar vir
Afrikaans- en Engelssprekendes. As jy by die vorige fees nie kon plek kry nie –
hier’s jou kans.
Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade met Frank Opperman sal jou ’n bietjie anders na die wel en wee van ‘n predikant laat kyk. Behalwe dat Opperman skitterend in sy rol is, is die teks geskryf deur Dana Snyman.
Nog ’n treffer hier, is Shaleen Surtie-Richards in Die
woema van ’n Windgat Wyfie. Dis ’n skreeusnaakse komedie met diepte. Sy
laat jou met ’n paar dinge om oor na te dink. Jy kan jouself miskien hier en
daar herken?Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade met Frank Opperman sal jou ’n bietjie anders na die wel en wee van ‘n predikant laat kyk. Behalwe dat Opperman skitterend in sy rol is, is die teks geskryf deur Dana Snyman.
Chris Vorster is terug met Affairs vir Domkoppe 2 waar hy sorg vir meer aksie, kwinkslae en minder lessies. Hy spot met verskeie karakters op ’n reguit manier.
Kom geniet ’n fees van uitstekende toneel wat die
Kalfie-komitee een maal ’n jaar vir julle opdis.
As jy in die Overstrand is, die programboekie is
beskikbaar by die Hermanus Times, Hermanus-toerismekantoor en
Computicket. Die boekie is ook 24/7 by die Kalfiefees-kantoor by die De Wetsaal,
Onrus beskikbaar, in die mandjie wat aan die buitekant van die veiligheidshek
hang.
Besoek die webtuiste: www.kalfiefees-hermanus.co.za vir die volle
Kalfiefees-program.
Besprekings via www.computicket.com.
No comments:
Post a Comment