Elke jaar vereer die Hermanus Times Kalfiefees ’n kunstenaar, skrywer of akteur uit die Overbergstreek met ’n Kalfiefees-teël, as huldiging vir hul bydrae tot die kunste in Afrikaans. Petrovna Metelerkamp van Hemel & See Boeke en skrywer van onder andere, Ingrid Jonker, A Poet’s Life, het vanjaar dié teël by ’n dankie-sê funksie vir al die Kalfiefees-borge ontvang. Petrovna se teël, wat deur Cas van Rensburg aan haar oorhandig is, sal eersdaags opgesit word op die Kalfiefees-teëlmuur in die De Wetsaal, saam met die 14 ander ontvangers se teëls. Dié saal was, en is steeds, die kern-bymekaarkomplek van die Kalfiefees, daarom dat die teëlmuur van groot name op Afrikaanse kunstegebied hier pryk. Sowat veertig Kalfiefeesborgverteenwoordigers was by die spesiale dankie-sê aand by Sprokkelster. Die Kalfiefees-komitee bedank ook graag die borge wat dié aand moontlik gemaak het, nl. Rola Motors Hermanus, OK Minimark Onrus, Wildekrans Wyne en Blue Monday Laundrette, Onrus.
Hester van Zyl (links) en Johan van Zyl (regs) van Hermanus Toyota gesels met Deon en Aurelia Esterhuysen van Aïda.
Cilene Bekker, redakteur van Hermanus Times, saam met Anna Spaarwater, die programsamesteller van die Hermanus Times Kalfiefees.
No comments:
Post a Comment